Krieket

KRIEKET

Organiseerder:
Mnr. Louis Boshoff 
012 809 0029

Laerskool Tygerpoort beskikbaar oor uitstekende krieketfasiliteite. Daar is ʼn voltydse privaat akademie wat deur Malan Morkel bestuur word. Ons het twee krieketvelde en ses oefennette wat ook toegerus is met twee boulmasjiene. Ons beskik oor kwaliteit afrigters en het in 2013 as algehele ligawenners uitgetree. Die o/13-krieketspan is die Titans-beker kampioene vir medium skole. Ons lewer ook jaarliks Provinsiale spelers op. 

Ons leerders geniet blootstelling en geleenthede op alle vlakke en daar vind ook jaarliks toere plaas. Die skool neem ook deel aan die aandreeks. Ons moedig ook ons spelers aan om betrokke te raak by klubkrieket.

Sportklere: 

Spelers speel met die skool se kriekethemp en ʼn wit langbroek (word self aangekoop).
Share by: