GRAAD RR & -R

TYGIELAND 
Graad RR en -R

Tygieland-hoof: Mev. Suzanne van der Westhuizen (suzanne@laerskooltygerpoort.co.za)

Personeel:

Juf. Naomi van Niekerk (gr. RR/L - Hansworsieklas)
Juf. Corlie Pieters (gr. RR/S - Pikkewyntjieklas)
Juf. Chrisna Meyer (gr. RR/T - Wurmpieklas)
Juf. Hester Wagner (gr. R/G - Kameelperdklas)
Juf. Anje Swanepoel (gr. R/L - Vissieklas)
Juf. Charmaine Engelbrecht (gr. R/P - Uiltjieklas)
Juf. Elca Swanepoel (gr. R/S - Bytjieklas)
Juf. Relandi Bloomberg (gr. R/T - Hasieklas)
Juf. Hanlie Potgieter (gr. R/Y) - Apieklas)
Juf. Suzanne van der Westhuizen (Tygieland-hoof)

Klastye: 

Aanvangstyd is vanaf 07:15 tot 08:00. Leerders verdaag om 12:45 - 13:00. Daar is toesig in al die klasse tot 13:30. Tygieland het 'n naskool eksklusief vir Tygieland se graad RR- en R-kleuters. Die Naskooltye is 13:15 - 17:30.

Kurrikulum: 

Kinders word deur spel en ‘n perseptuele program gelei tot skoolgereedheid. Aanleer van korrekte sosiale vaardighede en ‘n goeie selfbeeld is ‘n belangrike prioriteit. Wiskundige begrippe word klassikaal bekendgestel asook voorbereiding vir lees en klankherkenning word hanteer. 10 Daaglikse temas uit die kind se leefwêreld word hanteer. Daar word elke kwartaal instappies gereël wat by die tema aansluit. Kundiges word genooi om die skool te besoek. Geleidelik word die kleuter blootgestel aan die laerskool om die groot stap vir hom/haar so maklik moontlik te maak.

Assessering: 

Elke kind word deurlopend individueel geassesseer. Vier verslae word deur die jaar uitgegee. Verslae kan per ouerafsprake bespreek word.


Inligtingstuk 2016 Inskrywingsvorm 2016 Naskool - Inskrywingsvorm 2016
Share by: