Sagtebal

SAGTEBAL

Organiseerder: 
Mev. Anneke Wubbeling
012 809 0029

Sagtebal is ʼn opwindende sportsoort wat deur verskillende skole beoefen word. Ons is trots om te kan sê dat sagtebal geniet baie aandag en fokus by ons skool. Ons het bekwame afrigters wat die spanne afrig en neem deel aan ligawedstryde.

Daar is vier sagtebalspanne: o/11 B (gr. 4), o/11 A (gr. 5), o/13 B (gr. 6 ) en o/13 A (gr. 7). Daar is ook ʼn ontwikkelingsgroep wat die basiese vaardighede aanleer om hul gereed te kry vir die spel.

Die skool is bevoorreg om oor 4 bane te beskik wat meebring dat wedstryde meestal tuis gespeel word.

Oefentye:
Derde kwartaal: Dinsdae vanaf 13:30 tot 15:15 / 15:30
Wedstryde vind op Donderdae plaas vanaf 14:00 tot 17:00

Sportklere: 
Die sagtebalklere is by die skool beskikbaar teen 'n huurtarief van R50 vir die seisoen.
Share by: