Snoepie

SNOEPIE

Die skool se snoepwinkel is geprivatiseer. Die snoepwinkel lewer diens tydens skoolfunksies en buitekurrikulêre byeenkomste.

Vir enige navrae, kontak asseblief mev. Caroline Linde by 082 495 0274.

Leerders kan die snoepwinkel daagliks tydens eerste en tweede pouse asook ná skool besoek.

Snoepietye:

Maandag tot Donderdag - 6:30 tot skoolaktiwiteite klaar is
Vrydag - 6:30 - 14:00
Saterdag - Slegs wanneer aktiwiteite plaasvind

Leerders kan in die oggende voor skool hulle broodjies en koeldrank vir pouse OF vir na skool bestel. Die bestellings word eenkant geplaas en leerders kan die kospakkie kom afhaal en gaan speel. Leerders hoef dan nie pouse in rye te staan en wag vir kos nie.

Ouers is ook welkom om per WhatsApp of SMS bestellings te plaas. Laat weet gerus vir Caroline op 082 495 0274. 

U kan ons enige tyd skakel, selfs as leerders kosblikke by die huis vergeet het. Ons help graag om die lewe vir u makliker te maak.

SIEN SPYSKAART BY AFLAAIBARE DOKUMENTE.
Share by: